Loading...
Central Reservations

Quick Booking

Liedjies uit die Movies

Book Now

Liedjies uit die Movies

26 Julie 2019, Theatre of Marcellus Met Nadine, Jennifer Jones en meer!

Numinous in samewerking met Vervaardigers bied aan: “Liedjies uit die MOVIES”.
Die produksie vind plaas in Theatre of Marcellus by Emperors Palace op 26 Julie 2019.

Deelnemende kunstenaars sluit in:
Nádine die bekende Musiek Roulette aanbiedster, Teater hoofrolle in Josef,Jesus Christ Superstar, Sneeuwitjie & Lied van my Hart - ook bekend vir haar treffers, Kaapse Draai, Skildery en vele meer
Jennifer Jones, Grammy genomineerde “Soul Sister” en ons eie “Tina Turner”
On-Que, die veelsydige sanger wat energieke dans roetines en sang kombineer om jou aan die rand van jou stoel te hou.
Die alombekende Andre Schwarts, ons eie “Phantom of the Opera”.
Rudi Claase, stigter van die geliefkoosde “Lieflinge”.
Lee Magnum ‘n “country” sanger wat reeds sy debuut in 1983 gemaak het.
“Big Daddy,” Suid Afrika se lewende “country” legende, Lance James.
Manie Jackson, die veelsydige SAMA wenner en Afrikaanse “country” sanger.
Irene-Louise Van Wyk die lewenslustige blondine bekend vir haar treffers; Meer as woorde en Vergeet van my.
Tobie Jooste, kunstenaar met 6 albums en pas sy tweede boek klaar geskryf
“Bronberg Kinderkoor” onder leiding van Daleen de Kock gaan deel uitmaak van hierdie ongelooflike produksie

Met Willie Venter (oud kreatiewe regisseur van Skouspel en Afrikaans is Groot) aan die stuur van die produksie beloof Musiek uit die MOVIES ‘n musikale en visuele blyspel te wees wat die gehoor sal betower en hul gunsteling rolprente sal herleef, oud en nuut! ‘n Onmisbare, nostalgiese en onvergeetlik musikale belewenis!

26 Julie 2019 | 20h00
90 min
Kaartjies - R140
Kinders - R100

Winners Circle Lede kry 10% afslag

Bespreek by Computicket

Scroll to Top